Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl DBV bedien groot gebied

Paarl DBV bedien groot gebied
 
2010-03-04


DIERELIEFHEBBERS word uitgenooi om skenkings te doen aan die Paarlse tak van die DBV, wat die hele Drakenstein-gebied bedien, met die uitsondering van Wellington (Wellington het sy eie DBV-tak).

Paarl DBV lewer dienste in Paarl, Paarl-Oos, Mbekweni en so ver as Gouda en Saron.

Sonder skenkings van die publiek sal die Paarl DBV sy deure moet sluit.

Die DBV/SPCA se hoofdoel is om dieremishandeling te ondersoek en op te tree waar mishandeling plaasvind.

Opvoedings- en sterilisasieprogramme word ook maandeliks in die Paarl aangebied en klinieke word gehou om eienaars van diere te help met hul diere se versorging.

Graag wil ons aan die inwoners van Paarl vra dat hulle die DBV in die Paarl moet ondersteun. Al die takke kry nou swaar as gevolg van die ekonomie.

Ons kry geen staatshulp nie en ons vra die publiek om lede te word van die tak.

Hoe meer lede – hoe sterker is ons om dienste gelewer te kan kry.

Elke lid mag ’n goeie voorstel hê wat ons kan help om kop bo water te hou.

Om diere te versorg en om dieremishandeling te ondersoek kos geld, en met u as lede kan ons saam ’n verskil maak.

Om ’n lid van Paarl DBV/SPCA te word, skakel 021-863-2720. Loer ook in op die webtuiste www.paarlspca.co.za.

Petro Niemand (DBV Paarl)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za