Gardens kry weer groot pak
2005-09-08
DIE manne van Young Gardens Rugbyklub was Saterdag weer in sak en as nadat hulle 53-15 teen Rangers Bo-Kaap oorrompel is.
Dit is die Rooi Roses se vierde agtereenvolgende nederlaag. Die Paarliete wat aan die begin van die seisoen so goed weggespring het, het al slegter begin vertoon namate die seisoen verstryk het.
’n Gebrek aan veggees en karakter is een van die klub se grootste probleme.
Gardens se twee drieë is deur Anwar Daniels en Marlon Thomas gedruk, terwyl Tino Prince met ’n straf- en doelskop geslaag het.
Saterdag speel Gardens teen Windmeul United op Gardens Park en hulle sal hoop om hul naam in ere te herstel voor hul tuisskare.
Die veterane en vroue-rugbyspanne oefen Dinsdag en Donderdag op Gardens Park vir die derby teen Paarl Rangers op 17 September. Navrae: Chrisbin 082-713-5973.
More
News
|