Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Motorverkope sloer nog

Motorverkope sloer nog
 
2010-03-04


DAAR is enkele aanduidings dat motorverkope hom begin loswikkel uit die kake van die resessie wat verbruikers die afgelope jaar of wat goed laat les opsê het, maar dit gaan maar ’n stadige proses wees.

Motorhandelaars in Paarl en Wellington vermoed dat beter tye om die draai is, maar verkope is nog glad nie op ’n drafstap nie.

Ivan Lintnaar, handelaarshoof van Tata, sê hulle beleef die afgelope twee maande, in vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, ’n 20% groei.

“Dit gaan baie beter met die verkope van nuwe voertuie en selfs ons tweedehandse mark is lewendiger. Ons het ook reeds nuwe mense aangestel om met die verkope te help,” sê hy.

Jurgen ZuBentheim, hoof van Novel Ford in die Paarl, sê dat motors nog steeds as ’n luukse beskou word en omdat Paarl se motorhandelaars nie baie vlootverkope doen nie en meer op individue fokus, dit langer gaan neem om weer momentum te kry.

“Januarie se verkope is baie misleidend, omdat registrasies vir motors wat in Desember gekoop is, eers Januarie geregistreer word.

“In Februarie was ons verkope normaal, maar ons sukkel steeds om genoeg voorraad te kry. Die Fiesta is baie gewild, maar daar is net nie voorraad nie,” sê hy.

Dirk Burger, direkteur van Paarl Thorp, sê beter tye is om die draai.

“Alhoewel die sluise nog nie oop is nie, is daar gelukkig ietwat van ’n oplewing.

“In Januarie het ons beter gedoen as wat ons verwag het, maar die beperkte voorraad plaas ’n demper op die verkope. Dit beïnvloed ook die verkope van tweedehandse motors aangesien ons nie inruilings kan doen alvorens die nuwe voertuig afgelewer is nie.”

Nico Kotze, verkoopsbestuurder van Bainsford in Wellington, sê dat daar sedert September verlede jaar ’n oplewing is.

“Selfs ons Februariemaand is goed - wat nie gewoonlik die geval is nie.

“Die Fiesta en Bantam doen goed, maar ons sukkel ook om genoeg voorraad te kry omdat fabrieke oor die Kerstyd gesluit was.”




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za