Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions slag Tiere af

Albions slag Tiere af
 
2005-09-08


HOEWEL albei spanne met baie spoed spog, was dit die snellers van Albions wat Saterdag die kompetisie gewen het in hul wedstryd teen Young Peoples. Albions was 20-11 baas.

Voorlangs was dit Peoples wat die tamboer geslaan het, maar Albions se lostrio het weer lekker baljaar op die deuntjie en goeie besit vir hul span verseker.

In die lynstane het Albions se Morné Goetham (slot) gereeld van die Tiere se ingooie gesteel.

Peoples het vir 50 minute kwaai druk toegepas, maar stelselmatig het Albions begin beheer oorneem.

Agterlangs het die losskakel, Jacques Hendricks, rigting aan die Albions-agterlyn gegee en self ook telkens die gapings opgesoek.

Die verdediging deur die senterpaar, Gamaine Poggenpoel en Fharis Adams, was ook dodelik terwyl hulle self fyn dop gehou moes word.

Dit was egter die vleuel, Alvin Hugo, wat weer eens gewys het dat daar nie ’n teenvoeter vir spoed is nie toe hy onder vier verdedigers uitgenael het vir sy drie.

Jacques Hendricks verdoel nadat hy ook met twee strafskoppe geslaag het.

’n Verdere verdoelde drie deur die speler van die wedstryd, Jenovan Cornelissen (flank), het Albions van ’n 20-11 sege besorg.

Peoples se drie is deur Cedric Williams gedruk, terwyl Andrew Victor met twee strafskoppe geslaag het.

Albions II en III wen onderskeidelik 18-17 en 13-11.

Albions speel Saterdag teen Franschhoek op Daljosafat.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za