Jong boere genooi
2010-03-11
’n LANDBOUVERENIGING vir jong boere gaan weer op die been gebring word. Die eerste vergadering word vanaand (11 Maart) om 19:00 by die Pinotage-saal by die Elsenburg Landboukollege gehou. Die doel van hierdie vereniging is om die huidige jong boere blootstelling te gee aan bedryfsaksies en die voordele van netwerke en kennis-uitruiling. Die spreker by die geleentheid is Dean Kleynhans van die Melkprodusente-vereniging.
More
News
|