Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarliete speel teenstanders van die tafel af

Paarliete speel teenstanders van die tafel af
 
2005-09-08


HEELWAT lede van die Paarl Tafeltennisklub het die afgelope tyd hul provinsie in dié sport verteenwoordig.

Boland was vroeër vanjaar die gasheer van die Wes-Kaap Spele en tydens dié geleentheid is Heal Ross, Eugene Krotz en Ingrid
Carolissen van die Paarl in die Boland-span opgeneem. Aldrie die spelers het dan ook silwermedaljes verower.

Dieselfde spelers is ook gekies vir die Wes-Kaapse span wat van 21 tot 29 September aan die SA Spele in Durban gaan deelneem.

Die Boland het ook goed vertoon in die SA Junior Tafeltenniskampioenskappe wat in Julie in Pietermaritzburg gehou is, deur vyf goue, vier silwer en ses bronsmedaljes te verower.

Paarliete wat by dié toernooi die Boland verteenwoordig het, is Justin Kriel (brons), Astrid Andrews, Jeffrey Carolissen, Larry Cupido, Marlon Stuurman en Ulrica Erasmus wat almal silwermedaljes verower het.

Verlede maand het die SA Tafeltennisraad die Boland Tafeltennisunie gevra om die SA Veterane Kampioenskapbyeenkoms aan te bied.

Tydens dié toernooi wat op Stellenbosch gehou is, het Raymond Fortuin, David Zimiri en Abe Dirks van die Paarl-klub, die Boland verteenwoordig.

Die senior Boland-span sal van 26 September tot 1 Oktober in Benoni aan die SA Senior Kampioenskappe deelneem.

Lede van die Paarl Tafeltennisklub wat in dié span opgeneem is, is
Wendall Farao, Larry Cupido, Salama Hendricks, Liezl du Plessis, Lennie Smith, Morné Pretorius en die kaptein, Roger Baxter. Wayne Cupido vergesel hulle as die spanbestuurder.

Cupido, wat ook die ontwikkelingbeampte van Boland Tafeltennisunie is, doen ’n beroep op alle spelers op Pniel, Franschhoek, Saron en ander omliggende dorpe wat belang stel om tafeltennis te speel, om hom te skakel by 862-2970 (h) of 082-538-0766.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za