Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kollege nie geregistreer

Kollege nie geregistreer
 
2010-03-11


IN ’n SMS-boodskap aan die Paarl Post (gepubliseer 4 Maart) vra “Oud-HKaner” aan prof Viljoen, Rektor van die Hugenote Kollege, waarom die Kollege nog nie, soos die wet vra, by die Departement Hoër Onderwys geregistreer is nie.

Die Hugenote Kollege het in 1951 as opleidingsinstansie van die NG Kerk begin met die opleiding van amptenare vir die kerk.

Sedert 1975 is die opleiding in samewerking met die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) aangebied.

Kragtens ’n samewerkingsooreenkoms is die kwalifikasies van die Kollege deur die Universiteit erken en het studente van die Kollege diplomas en grade van Unisa ontvang.

Die Kollege het in 2007 van Unisa kennis ontvang dat Unisa die ooreenkoms met die Kollege eensydig wil beëindig.

Die Wet op Hoër Onderwys (1997) bepaal inderdaad dat alle onderwysinstellings wat by hoër onderwys betrokke is, as sulks moet registreer.

Die Wet maak egter deur middel van ’n vensterperiode daarvoor voorsiening dat instellings wat voor die inwerkingstelling van die Wet tot stand gekom het, nie hoef te registreer voor ’n datum wat in die Staatskoerant aangekondig sal word nie.

Die direksie van die Kollege is tans saam met die Universiteit van Stellenbosch besig om modelle vir samewerking te ondersoek.

Ds André du Toit (kommunikasiehoof, Hugenote Kollege)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za