ONS is ’n span binneversierders van Pretoria wat besig is met ’n verftegniek-projek by ’n plaaslike landgoed. Ek was Dinsdag 2 Maart by Paarl Mall om inkopies te doen. Ek het my beursie met al my kredietkaarte en ID in op die kindersitplek van die stootwaentjie gesit terwyl ons die inkopies gedoen het. Eers toe ons terug in die motor was, het ek agtergekom dat ek my beursie vergeet het.
Ons is onmiddellik terug na die winkel om te kyk of ons die beursie kan opspoor. Dit blyk toe dat een van Paarl Mall se motorsekuriteitswagte die beursie by die sekuriteitskantoor ingegee het.
Ons wil graag die sentrumbestuur, en spesifiek die motorwag wat die beursie ingehandig het, bedank.
Dit is in hierdie tyd ongewoon om sulke integriteit, eerlikheid en goeie diens te kry.