Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skorsing net lekker vakansie

Skorsing net lekker vakansie
 
2010-03-11


VOLGENS ’n berig in die Paarl Post van 4 Maart het ene mnr Arthur Matthee, ’n broer van ’n direkteur van die Drakenstein Munisipaliteit, ’n oortreding begaan waarvoor hy vir drie maande geskors is.

Dit beteken dat hy met volle salaris vir drie maande op die belastingbetalers se onkoste gaan vakansie hou en dit met al sy ander voordele soos mediese fonds ingesluit.

Ander amptenare kan nou begin voel dat hulle ook van hierdie “voordeel” kan gebruik maak.

Wat sal gebeur as iemand ’n ernstiger oortreding begaan en dan vir tot ’n jaar lank geskors word met volle salaris en byvoordele soos ’n dertiende tjek, verlofvoordele ens? Sal die amptenaar dan ook geregtig wees op sy jaarlikse verhoging? Dalk wil ander amptenare die voordele van ’n klein “mistykie” aangryp om onbehoorlike verlof te kry, soos reeds met siekverlof en twyfelagtige mediese sertifikate gebeur? Beskerm asseblief die belastingbetaler!

B du Toit




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za