Kop-aan-kop
2010-03-11
’n Man is Sondagoggend op die Hermonpad dood, toe die motor wat hy bestuur het in ’n kop-aan-kop botsing met ’n ander voertuig betrokke was. Die voorval het omstreeks 02:30 plaasgevind toe twee byna identiese bakkies kop-aan-kop gebots het.
Riaan Strydom (28) van Porterville is op die toneel dood en Freddie le Roux (28) van Hermon het ’n gebreekte been en gesigbeserings opgedoen.
More
News
|