Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunsgalery open op Gouda

Kunsgalery open op Gouda
 
2010-03-11

Johan Nel

TWEE kunstenaars van Gouda, Rochelle Beresford en Johanna Mostert, het pas hulle dorp se eerste kunsgalery met ’n groep-uitstalling van verskeie plaaslike kunstenaars geopen.

Volgens Beresford is daar ’n groot behoefte om van hierdie opwindende nuwe talent wyer bekend te stel en makliker toeganklik vir kunsliefhebbers te maak.

Sy sê dat hulle ook met hul kunsgalery, wat in die hoofstraat van Gouda geleë is, in die groot behoefte aan goeie, stimulerende werkswinkels wat op die platteland aangebied word, wil probeer voldoen.

Die eerste van ’n reeks werkswinkels wat die kunsgalery binnekort wil aanbied, is in pottebakkery volgens die “pitfire”-metode.

Mostert spesialiseer in dié tipe pottebakkerskuns - ’n ou, tradisionele manier om duursame, pragpotte sonder ’n vuurvaste oond te maak.

“Die potte word in ’n gat in die grond geplaas en met saagsels bedek wat aan die brand gesteek word. ’n Groot deel van die bevrediging wat hierdie manier van potte bak is die onverwagte en pragtige ontwerpe wat deur die dansende vlammne op die potte aangebring word.”

Voornemende pottebakkers wat in so ’n werkswinkel belang stel, word genooi om vir Rochelle Beresford by 082-966-3101 te kontak.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za