Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Steve sing op Paarlberg

Steve sing op Paarlberg
 
2010-03-11


GROOT opgewondenheid heers vir die Neil Diamond – a Beautiful Noise Reunion - konsert op 20 Maart met Neil Diamond se gewildste treffers, soos opgevoer deur Steve Hofmeyr en sy orkes.

Dit is nou gou spring om teleurstelling te voorkom, want hierdie vertoning, oor die lewe en musiek van Neil Diamond, moet nie misgeloop word nie. Saterdag 20 Maart word die Paarl Amfiteater in ’n skouspel omskep wat sal bydra tot die belewenis.

Die musiek van Neil Diamond is steeds gewild met treffers soos ‘Blue jeans’ ‘I am I said’ ‘Sweet Caroline’ en ‘America’.

Die reunion-konsert se treffers is gekies volgens hul gewildheid op die SA treffersparade. ’n Groot verskeidenheid geregte sal beskikbaar wees, en wynkelders sal stalletjies beman vanaf 18:00. Kaartjies kos R120 of R150 per persoon. Kinders onder drie jaar is gratis. Bespreek by 021-872-9754 of besoek die webtuiste by www.cultivaria.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za