Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swartbooi laat rekord spat op Paarlberg

Swartbooi laat rekord spat op Paarlberg
 
2005-09-08


DIE Harmony WP-atleet, Luketz Swartbooi, het Saterdag die Paarlberg Halfmarathon in ’n nuwe rekord-tyd gewen.

Swartbooi se wentyd van 68,09 was 29 sekondes vinniger as die ou rekord wat in 2000 deur Pieter Koopman opgestel is.

Die koel misweer het vir ideale hardloop-toestande gesorg en 463 atlete het douvoordag by die wenstreep aangetree.

Geeneen van die plaaslike mans kon egter vanjaar ’n medalje verower nie.

Nkosana Mponeng van Wellington Atletiekklub het in die vierde plek klaargemaak met ’n tyd van 72:30.

Hy het die derde posisie wat deur Dicardo Jacobs (Liberty Nike) geneem is, met net meer as minuut misgeloop.

Kort op sy hakke was sy spanmaat, Owen Smit, wat met 75:17 in die sesde plek klaargemaak het.

Dié twee atlete het egter daartoe bygedra dat Wellington die manspankompetisie kon wen.

Die twee ander atlete wat deel uitgemaak het van die vinnige Wellington-span was John Small (13de 81:33) en Ganief Brink (28ste 89:17).

Die huidige SA-rekordhouer in die 1500m, Johan Landsman (79:45) van Maties, het ook vanjaar sy verskyning gemaak en in die agtste plek die wenstreep oorgesteek. Hy was dan ook die eerste meester om klaar te maak.

Die eerste atleet van Paarl Atletiekklub wat die wedloop voltooi het, was Rudolf Warries (17de 84:17).

Onder die juniors was dit Lubabalo Mqhele van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT) wat die goud ingepalm het.

Dit was twee uit twee vir die klub van Harmony WP, met ook die vrouewenner, Sheryl de Lange (89:39), wat in dié kleure oor die wenstreep gedraf het.

Sy is gevolg deur Riana Abrahams (Durbanville 98:18) en die Paarliet Styntjie Prins (99:06) in die derde plek.

Prins was dan ook die eerste vrou oor 50 om die wedloop te voltooi.
Prins tesame met Hester Kotzé (4de 99:42), Lorraine Fieuw (14de 108:22) en Lista la Grange het die vrouespankompetisie verower.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za