Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kom kyk self na die HA!Man

Kom kyk self na die HA!Man
 
2010-03-11


DIE internasionaal-bekroonde improviserende tjellis met genoeg talent vir ’n begaafde drieling, Francois le Roux, is op Donderdag 11 Maart om 20:00 in die Paarl se Ou Meul-teater op die planke.

Le Roux, ook bekend as die HA!Man, maak musiek oor die wêreld heen en gee van sy siel waar hy ook al kom. Elke jaar doen hy konsertreise van twee maande in Europa, twee maande in Noord-Amerika en dan ook so twee weke in Asië.

Op sy onlangse toer deur Europa was hy in agt lande waar hy 28 konserte en slypskole aangebied het.

Hierdie vertoning by die Ou Meul-teater word uit ’n unieke hoek benader: daar is geen toegangsprys vir die vertoning nie. Kom kyk dus na dié kreatiewe man en besluit ná die opvoering of en hoeveel jy hom wil betaal.

En nee, jy hoef nie ’n klassieke musiek fundi te wees om te kom Ha!Man nie, hy is jonk en funky en with-it en dis ’n ondervinding wat jy nie moet misloop nie.

Kom aan, maak jou lewe oop vir ’n splinternuwe ervaring – wanneer laas het jy immers iets vir die eerste keer gedoen?

Kontak Vicky Stemmet by 083-564-0056 of vstemmet@gmail.com vir navrae.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za