Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die sweet tap

Die sweet tap
 
2010-03-11

Lise Beyers

DIE biesies het die afgelope tien dae behoorlik gebewe toe die kwik in die gebied aanhoudend gestyg het.

Veral die afgelope naweek was oggendtemperature reeds so hoog as 300C en die kwik het dan deur die dag tot ver oor 400C gestyg.

Nodeloos om te sê, is die gebied na ’n paar dae van hierdie hitte, byna lam gelê.

Alhoewel geen belangrike sporttoernooie afgelas is deur die hitte nie, het leerkragte ’n wakende oog oor die beoefening van skolesport gehou.

Volgens die Wes-Kaapse Onderwysdepartement mag sport nie beoefen word deur leerders indien die temperatuur bo 350C styg nie.

Die sportkoördineerder van Hoër Meisieskool, Marie-Louw van der Merwe, het gesê dat soms moet noodsaaklike voorafgereelde sporttoernooie, soos verlede week se Interskole swem en tennis voortgaan, maar die situasie word noukeurig gemonitor.

“Ons verseker dat deelnemers genoegsame vloeistof inneem en soveel as moontlik in die skaduwee bly.”

Maandag, toe die kwik by 420C gedraai het, het dié skool, asook Hoërskool Gimnasium, hul sportaktiwiteite tot laatmiddag verskuif weens die versengende hitte.

Klasse het soos gewoonlik voortgegaan, maar dit was moeilik vir onderwysers en leerders om in die versengende hitte op hul werk te konsentreer.

Maandag is leerders by verskeie skole huis toe gestuur weens hitte-uitputting.

En wingerdboere wat aan die einde van hul parstyd is, moes wikkel om hul laaste rooiwyndruiwe te oes.

Ná ’n matige Februarie wat uitstekende gehaltedruiwe gelewer het, het Maart se hitte egter probleme begin skep.

Die bakkende son het druiwe begin verskroei en sodoende kan die gehalte van die sap aangetas word.

Die uiteindelike opbrengs (gewig) van boere se oes word ook hierdeur geaffekteer.

En weens die uitermatige warmte, het kragverbruik heelwat gestyg, omdat al wat ’n lugverkoeler en waaier in die gebied, oortyd gewerk het.

’n Woorvoerder van die Drakenstein Munisipaliteit, May Carolissen, het gesê dat die kragverbruik inderdaad baie hoër was die afgelope ruk.

“Die aanvraag na elektrisiteit was gedurende die buitengewoon warm dae heelwat hoër as normaalweg. Dit is elke jaar gewoonlik gedurende Februarie so, maar vanjaar het die piek aanvraag in Maart gekom.

“Dit is nie net lugreëlaars nie, maar ook die feit dat dit die piek van die oes- en parstyd is.

“Al die koelkamers word maksimaal gebruik, terwyl die waterpompe ook voluit moet loop vir besproeiing.”

Die Wemmershoekdam se watervlak is tans 59,8%, effens hoër as verlede jaar se vlak, toe dit 56,5% was in Maart.

Maar Dinsdagoggend het die vallei ’n sug van verligting geslaak, met die koms van koeler weer asook ligte reënbuie.

Volgens die SA Weerburo sal die koeler weer en ligte buie tot Vrydag duur, waarna ’n matige naweek voorspel word, voordat die kwik Maandag weer begin styg tot by 400C.

* The valley is still staggering after being hit by a heat wave over the past week..




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za