Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Einde van oes gevier

Einde van oes gevier
 
2010-03-11

Lise Beyers

DIE eerste wyn van die seisoen is in vate en dit beteken dat dit weer tyd is om die nuwe oes te vier met die OmmiBerg Wynfees wat Saterdag plaasvind.

Dit is juis dan ’n gulde geleentheid om by verskeie wynkelders aan die hange van Paarlberg in te loer en die 2010 oes te proe.

Behalwe vir die klem wat op wyn lê, word daar baie pret en plesier aangebied vir die hele gesin.

Smaaklike kosse wat saam met wyn gepaar kan word, sal te koop aangebied word.

Musiek sal die ore laat tuit by verskeie kelders en van die kunstenaars wat optree, is Zinkplaat, Pieter Smith en Ysterkoei.

En om die oes behoorlik te vier kan feesgangers hul hand bysit en op die tradisionele manier druiwe trap met hul voete.

Keldertoere word aangebied waartydens wynmakers persoonlike aandag sal gee om vir Jan Alleman die fyner kuns van wynmaak te beduie.

Vir die jonger geslag is daar oorgenoeg om hulle mee besig te hou. Ponieritte, watervermaak en trekkerritte sal aan die orde van die dag wees.

En dan is daar nog meer - kunsuitstallings, kookdemonstrasies en glasblaas-demonstrasies.

Waaghalsiges kan met die bekende ‘Snoopy-vliegtuig’ van Diemerskraal oor Paarlberg vlieg.

Kaartjies is R50 per volwassene (18 jaar).

Hiermee ontvang feesgangers ’n paspoort waarmee hulle van kelder tot kelder om Paarlberg kan beweeg en al die feestelikhede op verskillende landgoedere geniet en proe.

Vir besonderhede oor elke kelder se aktiwiteite, besoek die webwerf www.ommiberg.co.za.

Franschhoek vier ook hierdie naweek oes-af (bl 13) en volgende naweek is Wellington se kelders aan die beurt (besonderhede by www.harvestfestival.co.za).

* Paarl and Franschhoek wineries celebrate the end of the harvest on Saturday, while next week it is the turn of the Wellington cellars.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za