Sportdagboek
2010-03-11
ATLETIEK
* Vrydag (15:30 - 20:30) en Saterdag (08:00 tot 16:00) vind die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe op die Daljosafat-stadion plaas.
* Paarl Atletiekklub hou op 15 Maart om 19:00 ’n ledevergadering te Daljosafat-stadion. Almal is welkom.
BASKETBALL
Winelands Basketball League fixtures (11 March): Dream Team vs New Orleans (Prison Court 16:00); Noorder Paarl vs Klein Nederburg (Noorder Paarl 14:30); Desmond Tutu vs Dragon Heat (Desmond Tutu 14:30); Juveniles vs Kayamandi (prison court 15:00); Ligstraal vs Paarl School of Skills (Paarlzicht Primary 14:30); Daredevils vs Bridges of Hope (prison court 14:00); Kylemore vs Paulus Joubert (Kylemore 14:30).
VEERPYLTJIES
Die Drakenstein Veerpyl vereniging hou Sondag 14 Maart sy algemene jaarvergadering te Ambagsvallei Sportkompleks om 10:00. Klubs moet deur twee lede verteenwoordig word. Kontak 082-315-5206.
GIMNASIUM O.16-TOERNOOI
Hoërskool Gimnasium bied op 27, 29 en 31 Maart ’n o.16-skolerugbytoernooi aan - die grootste o.16-toernooi in SA. Saam met Gim sal skole soos Grey Kollege, Affies, Michaelhouse, Jeppe, Outeniqua Hoër, DF Malan, HJS en Boland Landbou saamtrek vir ’n skouspel van skolerugby. Besoek www.u16rugbytournament.rgcms.co.za of kontak 021-872-1541.
ALBIONS
Albions lyk gereed vir die nuwe seisoen ná Saterdag se 22-10 oorwinning oor Franschhoek United. Albions se drieë was gedruk deur Alfredo Adams, Jenovan Cornelissen en Melvyn Visser. Carlyle Williams het twee drieë verdoel en Lincoln du Preez het ’n skepdoel behaal.
HILLCREST UNITED
Hillcrest United speel Saterdag teen Laer Paarl te Pelikaanpark. Die eerste wedstryd begin om 14:00. Daar sal ’n televisie in die klubhuis wees waarop die Super14-wedstryde uitgesaai sal word.
PAARL RUGBYKLUB
Paarl Rugbyklub speel Vrydagaand teen Helderberg op Faurestraat. Die o.20’s speel 19:00, gevolg deur die tweede span (20:15) en die eerste span (21:30). Die derde span speel om 19:00 op die Boy Louw-velde.
RIVERSTONES
Riverstones se bestuursvergadering vind op 15 Maart plaas om 19:00 by Bougaardstraat 41. Die klub se algemene jaarvergadering vind plaas op New Orleans se krieketveld (19:00) op 23 Maart. Kontak 021-862-5594.
ROSES UNITED
Roses United pak eerskomende Saterdag vir Primrose in sy laaste vriendskaplike wedstryd. Dié wedstryd word op die CPUT-veld in Wellington gespeel en die die eerste wedstryd begin om 13:30.
VINEYARDS
Vineyards speel Saterdag sy eerste wedstryd vir die seisoen teen Hamiltons van Worcester op Worcester. Die bus vertrek 12:30 vanaf .E’lite (Stoepe). Busgeld is R20 (spelers en nie-spelers). Die derde span wedstryd begin 14:00. Op 27 Maart speel Vineyards teen Rangers te Daljosafat en op 3 April teen Saldanha United te Saldanhabaai. Die klub hou 12 Maart ’n Visbraai by die huis van Adnaan Moerat (R25). Kontak 083-234-3988.
VIOLETS
Violets Rugbyklub het Saterdag met 26-8 afgereken met Paarl Rangers in ’n voorseisoense wedstryd. Violets se flanke Ady Berg (2 drieë) en Tyron Uren het goed vertoon voorlangs, met die skrumskakel Ashley Raubenheimer wat flink vertoon het agterlangs. Violets se ander drie is gedruk deur T Grain. B Swarts het 3 doelskoppe en twee strafdoele behaal. Violets II het 7-36 verloor en Violets III het 19-5 gewen. Violets gaan dié naweek op ’n oefenkamp na Wemmershoek (gratis vir alle spelers).
YOUNG GARDENS
Young Gardens het Saterdag 26-7 geseëvier teen Evergreens van Agter-Paarl. Gardens se driee is gedruk deur Ashwill Abrahams (3 drieë) en Justin van Schoor (een drie en ’n doelskop). Johan Alphons het 2 doelskoppe behaal. Eerskomende Saterdag speel Gardens teen Newtons te Newton Park. Gardens se oefeninge verskuif vanaf die Dal na Paarlzicht Primêr, Dinsdae en Donderdae om 18:00. Juniors oefen vanaf 16:00.
YOUNG STANDARDS
Young Standards se bestuur vir die 2010 seisoen is George Fredericks (president), Greyven Hendricks (voorsitter), Jessica Adams (ondervoorsitter), Kevin Benjamin (sekretaris), Martin van Zitters (notule-sekretaris), Andre Jonker (kassier), Johan van Zitters (wedstrydsekretaris), Paul Davey (klubkaptein), Ashley Kalamdien, Franklin Botha, Jacob Williams (addisionele lede), Patrick Sims (junior sameroeper), en Marius van Zitters (hoofafrigter). Standards se klubvergadering is op 15 Maart 19:00 te Ebenezer Primêr.
YOUNG PEOPLES
Young Peoples speel Saterdag `n wegwedstryd teen Wesbank op Malmesbury. Die bus vertrek om 10:30 uit Groenheuwel (R25).
More
News
|