ALLE sterrekykentoesiaste kan Saterdagaand by die Taalmonument deelneem aan die internasionale veldtog Globe at Night – deur te tel hoeveel sterre in die sterrebeeld van Orion sigbaar is.
Kaarte sal verskaf word waarop ’n vergelyking gedoen kan word en dié resultaat word dan ingestuur na www.globeat night.org. Hoe meer metings gedoen word vanaf verskillende plekke op die aardbol, hoe beter kan bepaal word waar ligbesoedeling vererger.
Dit vorm deel van die laaste sterrekykaand vir die seisoen. Gaste sal van 20:00 tot 23:00 deur teleskope na bekende konstellasies en planete kan kyk. Die fokus van die aand is Saturnus en sy ringe.
Die aand skop af met ’n piekniek vanaf 18:00. Gaste kan ’n piekniekmandjie bestel by Volksmond Koffiewinkel (021-863-2800) of hulle eie mandjie saambring. Toegang is R20 (R10 vir kinders). Bespreek by 021-872-3441. Bring ’n verkykers saam asook ’n flits wat met rooi sellofaan of materiaal bedek is.