Chrstusfees vir Paasnaweek
2005-03-17
DIE Wellingtonse Christusfees word van 23 tot 27 Maart oor die Paasnaweek aangebied.
Dit begin met ‘n Menseketting Woensdag om 08:00, gevolg deur ‘n optog en fakkelloop wat om 18:30 begin by die Wellington Jeugsentrum en eindig met ‘n jeugdiens by die VGK Bergrivier (19:00).
Op Goeie Vrydag 25 Maart om 13:00 sal voedselpakkies by die Breedtsaal uitgedeel word en om 19:30 is daar ‘n diens in die NG Kerk Wellington.
Saterdag 26 Maart is daar ‘n liefdesmaal om 11:00 by die Breedtsaal en op Paassondag 27 Maart is daar ‘n opstandingsbiduur om 07:00 in die begraafplaas op die hoek van Champagne- en Piet Retiefstraat. Radiokansel bied die Sondagaand ‘n feesdiens met sanger Jan de Wet (18:00) en prediker Ryk van Velden by die Boland Stadion (19:00).
Vir verdere navrae, kontak ds Jan Grobbelaar by (873-2347), Janet Smith (873-5326), Louis du Preez (864-1551) of Kobus Nagel (082-777-2353).
More
News
|