Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kleiduifklub bied wêreld-kampioenskappe aan

Kleiduifklub bied wêreld-kampioenskappe aan
 
2010-03-11


DIE Valley Gun Club, een van die grootste Kleiduifskiet-klubs in die Wes-Kaap, gaan vanaf 12 tot 21 Maart die gasheer wees vir twee reuse skietkompetisies - die Wêreld DTL Skietkampioenskappe en die SA kampioenskappe.

Dit sal die eerste keer wees dat Suid-Afrika ’n skietkompetisie op so ’n groot skaal soos die Wêreld DTL Skietkampioenskappe aanbied. Meer as 300 deelnemers, met ongeveer dieselfde hoeveelheid besoekers, word tydens dié kampioenskap verwag.

Dié DTL Skietkampioenskappe word vanjaar vir die negende keer aangebied, vanaf 19 tot 21 Maart, direk ná die SA Kampioenskappe, met lande soos Engeland, Ierland, Frankryk, Italië, Australië, Nieu-Seeland, Namibië, Zimbabwe en Amerika, wat teen Suid-Afrika sal meeding.

Die SA kampioenskappe, wat op 12 Maart afskop, is op sy beurt die voorste kleiduif-kampioenskap in Suid-Afrika.

Die twee spanne wat aan dié toernooie gaan deelneem, is die Protea-span en die CTSASA (Clay Target Shooting Association of South Africa) span.

Die Paarl se veteraan Gideon Malherbe, asook die bobaas-skut van Robertson, Tobie de Wet (oud-student van Wellington CPUT), gaan saam met Jaco de Wet (Robertson), Dave Cohen en Christi Stijdom (albei van Gauteng) vir die Protea-span in aksie wees.

Die CTSASA span bestaan uit Erik de Wet, Wouter de Wet (albei Robertson), Ian Conroy (Noord-Kaap), Clive Taverner (Oos-Kaap) en Quinten Smit (Somerset-Wes).

Daar sal ook ’n veterane-, ’n vroue- en ’n junior span in aksie wees.

Besoek gerus Valley Gun Club se webtuiste by valleygunclub@paarlonline.co.za.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za