Kavaliers val vas teen Cheetahs
2010-03-11
ONDANKS goeie skrumwerk en ’n sterk terugvegpoging in die tweede helfte deur die Boland Kavaliers in Bloemfontein Saterdag, het die Wynboere met 29-37 vasgeval teen die Vrystaat Cheetahs.
Die Kavaliers se kaptein, Hottie Louw, het egter dié nederlaag in perspektief geplaas ná die wedstryd. “Ons is ’n jong span en ons is hier om te leer,” was sy reaksie. Dié jong Kavaliers-span lyk egter giftig op die aanval en gaan beslis vanjaar klaarspeel met menige opponent. Die Kavaliers se losskakel, Dean Grant, het ’n goeie wedstryd beleef en het geslaag met al sewe sy skoppe (twee doelskoppe en vyf strafdoele) na die pale. Vir Vrystaat het die oud-Gimmie, Ashley Johnson, ’n barshou gespeel. Die Kavaliers se driedrukkers was PJ Vermeulen en Jaquin Jansen. Dié Saterdag meet Boland kragte teen SWD op die Saldanha Sportvelde. Boland se span lyk soos volg:
1. Janro van Niekerk; 2. Ashton Constant; 3. Eusebio Guinazu; 4. Grant le Roux 5. Hottie Louw (k); 6. Franzil September; 7. Hilton Lobberts; 8. Zandre Jordaan; 9. Niel Papier; 10. Willie le Roux; 11. Jeremy Plaatjies; 12. Lional Cornelius; 13. PJ Vermeulen (o/k); 14. Hyron Thyse; 15. Jaquin Jansen; 16. Clement Lewis; 17. Roussouw Kruger; 18. Johan Peacock; 19. Nicolai Blignaut; 20. Wesley Kotz; 21. Dandre Gerber; 22. Cornal Hendricks.
More
News
|