ONS lewe in ’n tyd waar mense geen respek het meer vir ’n kosbare menselewe nie, mekaar vermoor oor die kleinste nietighede en vroue en kinders mishandel word.
Ook die diere wat nie vir hulself kan praat nie word mishandel en weggegooi.
Daarom is dit so bemoedigend om op die voorblad van die Paarl Post te lees van ’n seun wat tydens ’n brand sy lewe waag om sy troeteldiere te red. Wat ’n voorbeeld is die jong seun nie vir ons almal nie.
In dieselfde Paarl Post lees ons dan ook van ’n organisasie, PAT, wat by weeshuise en ouetehuise met hulle honde besoeke aflê sodat hul diere vir mense plesier kan gee en kinders met die honde kan speel.
Deur sulke berigte in die media kry ek weer hoop vir hierdie stukkende wêreld.
Diereliefhebber