Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wendyhuis lek

Wendyhuis lek
 
2010-03-18


EK verwys na die reaksie van mnr Pietie le Roux van R&R/Wynland Wendyhuise op my klagte oor die swak kwaliteit werk van sy maatskappy wat onlangs in die Paarl Post was.

Mnr Le Roux beweer dat daar rakke aan die balke van die wendyhuis aangebring is, wat glo veroorsaak dat die dak lek.

Hierdie bewering is van alle waarheid ontbloot. Daar is geen rakke aan die dakbalke vas nie.

Om die waarheid te sê, toe mnr Le Roux my klagtes oor lekkasies kom ondersoek het, was daar nog geen rakke opgesit nie.

Hy het self opgemerk dat die dakbalke baie dun is, en dat hy, wanneer hy herstelwerk kom doen, die balke sal versterk en sommer vir my die rakke ook sal aanbring.

Die goedgunstige belofte is nooit uitgevoer nie, en geen herstelwerk is ooit gedoen nie.

Ek moes toe self rakke aanbring teen die mure en sukkel steeds met erge lekkasies weens swak materiaal en konstruksiefoute.

Esmé Roto




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za