ONS hier by Santa Roza Farms wil net baie dankie sê aan die persoon wat ons swart-en-wit kolliehond in die week opgelaai en na die DBV geneem het.
Hy het vreeslik geskrik vir die donderweer en die pad gevat, en ons was baie dankbaar dat iemand gestop en die moeite gedoen het om hom op te laai en na die DBV te neem. Mag die Here jou seën.
Levi was natuurlik baie bly om ons almal weer te sien en het heel eerste na een van sy vele balle gehardloop en vir ons gebring om te skop.
Hy het so ’n pragtige natuur en hy sou ’n groot gat in ons harte gelos het as hy moes wegraak.
Weer eens baie dankie – die mense van hier is regtig TOPS!!!
P Smook