NA aanleiding van die sterfte van fietsryers naby Oudtshoorn wys ek daarop dat mens nie net altyd die skuld op die motoris kan plaas nie.
Fietsryers kan net so moedswillig wees en glad nie motors in ag neem nie. Op 11 Maart gedurende spitstyd tussen 17:00 en 17:30 het ’n rooi kar met sy bagasiebak oop teen ’n spoed van 30km per uur gery op die R301 na Franschhoek met ’n fietsryer wat agter die motor in sy slipstream ry.
Nodeloos om te sê het die motors opgedam, want op die pad is daar nie ’n skouer met ’n geelstreep nie en kan jy nie so maklik verbygaan nie.
Die vraag word gevra, hoekom oefen fietsryers gedurende spitstyd op paaie waar daar geen geel strepe is nie?
Die bestuurder van die rooi motor het glad nie eens probeer om af te trek sodat die opgedamde verkeer kan verbykom nie.