Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ons fietsryers is nie almal so nie

Ons fietsryers is nie almal so nie
 
2010-03-18


EK verwys na die brief “Fietsryers soos motte na ’n vlam” (Paarl Post) 11 Maart) en wil net sê dis nie altyd die fietsryer se skuld nie.

Ek is op 2 Desember halfses op ’n helder sonskynoggend van my fiets afgery regoor Goede Hoop slaghuis in Suider-Paarl.

My agterlig en voorlig het gebrand, ek was na aan die sypaadjie en ek was alleen.

’n Jong man jaag verwoed om sesuur by sy werk te wees en ry my van die pad af.

Daardie oggend was die laaste oggend wat ek hom gesien het. Ek kon hom hof toe sleep - almal wou die polisie bel, maar ek het gesê nee, God het ’n afspraak met hom.

Ek dank die Here dat hy ten minste omgedraai het - ander sou dalk wegjaag, so ek gee hom alle krediet. Hy kan self getuig, ek was nie eenkeer ombeskof of lelik met hom nie.

Ek het gelê en bid op die naat van my rug vir kalmte en vir geen ernstige beserings nie.

Ek het vir hom genoem dat die Here se hand in alles is. Ek het hom vergewe.

My stuitjie is nou eers dié week genees nadat vir my hande opgelê is. Sy motor het R17 000 se skade, my fiets makeer niks. Dit was ’n wonderwerk.

Was my saal ’n bietjie laer, was my rug vandag af, maar die Here het my beskerm.

Ek het ook al geskel op fietsryers wat nie by reëls hou nie

Dan word daar lang vingers en vuis gewys as jy toet.

Dit is hulle wat maak dat ons fietsryers ’n slegte naam kry

Ek stem saam dat fietsryers die padreëls moet gehoorsaam, maar dit raak ook nou een te veel dat ons sommer net afgery word van ons fietse, tot in die platteland waar dit stil is (en baie keer jaag mense weg).

Ek het al gery buitekant die geelstreep, dan kom die voertuig wragtig nog steeds met sy wiele aan my kant van die geel streep.

Ons moet ’n slag gaan sit en vra hoekom die padwoede om alles en almal te wil plat ry.

George Kellerman




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za