Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoekom geen optrede teen die nagjaery?

Hoekom geen optrede teen die nagjaery?
 
2010-03-18


HOE lank kla inwoners van Klein Drakensteinweg nou al oor dieselfde probleem as dié van die skrywer van “Rusverstoring met jaery”(Paarl Post 11 Maart) sonder dat enige aandag aan die probleem geskenk word of dat daar op die klagtes geantwoord word.

Drank word in die publiek misbruik, karre jaag teen hoë spoed op en af resies en musiek weergalm kliphard uit voertuie sonder inagneming van omliggende inwoners.

Ek sien glad nie polisieoptrede een keer elke derde maand as “’n volskaalse operasie om die probleem te verlig” nie. Die polisie ry bloot verby die “stoepe”, sien die oortredings, maar doen absoluut niks om dit aan te spreek of stop te sit nie.

Ek dink verlede week se skrywer het beslis ’n beter nagrus as ons in Klein Drakensteinweg waar die gejaag en geraas tot so laat as 04:00 kan aanhou en selfs op ’n Sondag voortgaan.

Dit het ook lewensgevaarlik geword om Klein Drakensteinweg uit enige systraat te probeer kruis en dit help ook nie dat die spoedkameras nie werk nie.

Weekliks gebeur ongelukke by die kruising van Klein Drakensteinweg en Paulusstraat en word daar eenvoudig van die ongelukstoneel deur die “skuldige” party weggejaag.

Is dit nie hoog tyd dat daar gekyk word na spoedwalle in Klein Drakensteinweg nie en dat ’n alternatiewe pad deur nooddienste gebruik word as deurpad nie?

Gaan ons Munisipaliteit skuil daaragter dat die spoedkameras iemand anders se verantwoordelikheid is? Word optredes in oorleg met die SAP beplan?

Word daar gekyk na opsies waar die jaagduiwels hulle “sport” onder beheerde omstandighede veilig kan beoefen?

Moedeloos

May Carolissen, munisipale woordvoerder, reageer: Die munisipale ver­keersafdeling het die naweek ’n baie suksesvolle operasie op die Stoepe in samewerking met die polisie gehad.

Dagvaardigings is uitgereik vir oortredings wat wissel vanaf ongelisensieerde motorvoertuie en -bestuurders tot tol van bande.

Van die voertuie het probeer uitbeweeg na die Carolinapad, maar is gestuit.

Chicago was ook Sondag geteiken, en ons was weer eens suksesvol om hierdie tipe van gedrag af te weer. Daar word volgehoue operasies beplan.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za