Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby-flitse

Rugby-flitse
 
2010-03-18


ALLANDALE RUGBYKLUB

Allandale Rugbyklub het Saterdag 42-7 (6 drieë teenoor een) geseëvier teen Counties te Drakenstein-gevangenis.

Allandale se uitblinkers was Ashwin Matjan, Zain Davids, Randalle Newman, Cheslin Boon en Andrew Jacobs.

Allandale se driedrukkers was Wade Engel, Ralton Fisher (2 drieë), Manfred Matjan, Lionel Newman en Naldo.

Randalle Ruiters het geslaag met 2 doelskoppe en Boon met 4 doelskoppe.

HILLCREST UNITED

Hillcrest United speel Saterdag weg teen Hopefield in hul eerste ligawedstryd van die seisoen. Die manne van Wellington, wat dié seisoen in die Weskusstreek speel, is slaggereed vir die nuwe seisoen. Die busse vertrek 10:30 vanaf Mannies teen R50 per persoon.

PEOPLES PAK RANGERS

Paarl Rangers kom Saterdag teen Young Peoples te staan op die Daljosafat-stadion. Hekgeld en motors is R5.

Juniors sal die oggend in aksie wees. Kontak 083-286-7761 met navrae.

RIVERSTONES RUGBYKLUB

Riverstones se algemene jaarvergadering word 23 Maart om 19:00 te New Orleans klubhuis gehou. Alle lede is welkom. Verversings sal bedien word. Kontak Andrew Apollis by 021-862-5594.

ROSES UNITED

Roses United pak eerskomende naweek vir Abbottsdale op Pelikaanpark in hul eerste Premierliga-wedstryd van die seisoen. Ricardo Williams, die Rose se nuwe hoofafrigter, sal graag wil hê dat sy manne die seisoen op ’n wennoot afskop. Agterlangs spog die Rose met top-spelers soos Alvin Hugo, Brandon April, Christopher Adams en Percival Williams en Wayne Matthee. Voorlangs lyk die Rose ook gedug, met senior spelers soos Ignatius Korabie en Shane Johnson. Die eerste wedstryd begin 13:30.

VILLAGERS RUGBYKLUB

Newton Villagers begin Saterdag met hul liga-verpligtinge, met ’n tuiswedstryd teen Flying Eagles van Malmesbury.

Oefeninge geskied Dinsdae, Woensdae en Donderdae. Kontak 078-011-6407.

VINEYARDS RUGBYKLUB

Vineyards speel 21 Maart ’n vriendskaplike wedstryd teen Hamediehs te Faurestraat. Wedstryde begin 13:30 en alle spelers, asook oudspelers, word versoek om dié wedstryd by te woon. Verversings sal te koop wees en hekgelde is R5.

Vineyards speel op 27 Maart teen Rangers in ’n Boland Festival-wedstryd.

WELLINGTON RUGBYKLUB

Wellington CPUT Rugbyklub pak Vrydagaand vir Ceres op die Boland-stadion, in die openingswedstryd van die Boland Premierliga. Wellington se eerste span sal om 21:00 in aksie wees, met die Boland Kavaliers wat om 16:30 teen die Argentynse Pampas gaan kragte meet. Wellington III begin 18:00. Wellington sal staatmaak op spelbrekers soos Shaun Heylinger, Gordon Johnstone en Angelo Barends om die knoop deur te haak.

Alle belangstellendes, veral oud-spelers, word uitgenooi na die onthaal, ná die wedstryd, in die klubhuis.

YOUNG STANDARDS

Young Standards speel Saterdag weg teen Blue Stars van Klapmuts. Juniors (o.12, o.14 en o.16) vergader vanaf 08:00 by ‘Uncle Mice’ se huis en seniors kom 12:00 by die afrigter Marius van Zitters se huis bymekaar waar vervoerreëlings uitgeklaar sal word. Enige oud-lede of ondersteuners wat belang stel om op die 120 jaar-feeskomitee te dien, kan bestuurslede kontak.Vir verdere besonderhede, skakel 082-731-4879.

YOUNG STARS RUGBYKLUB

Young Stars begin Saterdag met hul liga-wedstryde teen Spartans op Weltevredepark. Juniorspanne begin om 13:45. Hekgelde is R7 en vervoer beloop ook R7.

RUGBYKLINIEK

Die Stellenbosch Rugby-akademie bied tydens die vakansie (7-9 April) ’n rugbykliniek aan vir laerskool-spelers (Graad R tot 7), asook vir o.13- en o.19- spanne (28 Maart tot 1 April). Die kliniek kort nog ’n o.13-span. Kontak 021-887-7432, stuur ’n e-pos aan alie@stellenboschrugbyakademie.co.za of besoek www.stellenboschrugbyakademie.co.za.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za