Paarl-Oos troef Paarl
2010-03-18
GMT PAARL-OOS het Saterdag vir Paarl Krieketklub met 6 paaltjies geklop in ’n Pro20-kragmeting. Morne de Vries (35, 3x4) was die wenspan se beste kolwer en Zynodien Fredericks (2/10) die beste bouler. Paarl-Oos se tweede span (144/6) het vir Paarl II (94/8) met 50 lopies geklop. Garth Lewis (54) het goed gekolf en Roderick Allies (2/10) het goed geboul. Sondag het Paarl-Oos I vir Worcester I met 33 lopies getroef. Kurt Julius (32, 2x4) en Werner Erasmus (34, 1x4 en 4x6) was die beste kolwers en Dale Watts (3/23) die beste bouler. Saterdag speel Paarl-Oos I en II teen Peoples I en II op die Dal en Paarl-Oos III speel teen Wellington III (New Orleans). Maandag speel Paarl-Oos I en II teen Noord Boland te New Orleans.
More
News
|