Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples slag Noord-Boland

Peoples slag Noord-Boland
 
2010-03-18


YOUNG PEOPLES se eerste krieketspan het Sondag in ’n 20/20 wegwedstryd vir Noord-Boland in Worcester met 72 lopies afgeransel.

Peoples het eerste gekolf en ’n reuse 164/7 na 20 boulbeurte behaal. Melvyn Jackson (58), Brendon Adams (24) en Mark Borchards (27) het goed gekolf.

Peoples het Noord-Boland se kolwers tot 92 lopies beperk. Lorenzo Jacobs (4/10) en Jarier Alexander (3/14) het goed geboul.

Peoples II het vasgeval in teen Noord-Boland II.

Peoples het slegs 84/9 behaal en Noord-Boland kon die wenlopies in die laaste boulbeurt aanteken met slegs 2 paaltjies staande.

Peoples se Marshall Fortuin (2/16) en Cameron Engelbrecht (2/18) het egter goed geboul.

Saterdag speel Peoples I en II teen Paarl-Oosop die Dal en Sondag teen Paarl.

Die wedstryde teen die Paarl wat Maandag sou plaasvind, is vervroeg na Sondag. Peoples III speel Saterdag teen Edu II op Daljosafat en Sondag teen Paarl III op die Parys-velde.

Peoples se algemene jaarvergadering vind 23 Maart om 19:00 in die klubhuis plaas. Kontak Stanton Kamalie by 078-507-9537.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za