Wellington sorg vir drama
2010-03-18
DIE eerste krieketspan van Bella-Roma Wellington-CPUT krieketklub het die afgelope naweek afgereken met Young Peoples en Paarl Krieketklub. Tydens Saterdag se kragmeting het Wellington vir Peoples tot 110 lopies beperk, danksy goeie boulwerk deur Jaco Strydom (3/23), Craig Abrahams (1/15) en Josh Swanepoel (2/24). Wellington se Bronwell Williams (32*) en Christie Schreuder (33) was die beste kolwers. Sondag het Wellington I met Paarl I klaargespeel in ’n super-boulbeurtwedstryd. Wellington het eerste gekolf en 124/6 aangeteken, met Christo Ritter (44*) en Bronwell Williams (28) die beste kolwers. Danksy uitstekende boulwerk, weer eens deur Wellington se Jaco Strydom (3/23), kon Paarl ook net 124/6 aanteken, met die gevolg dat dié wedstryd deur ’n super-boulbeurt beslis moes word. Craig Abrahams (1/5) se paaltjie tydens dié boulbeurt, het uiteindelik aan Wellington ’n sege besorg, met sy span wat die wenlopies ná vier balle kon aanteken. Goeie boulwerk deur Wellington II (97 lopies) se Mornè Maritz (2/15), Cedric Williams (2/17), Westley Hendricks (2/14) en Peter Williams (3/15), het ’n 23 lopie-oorwinning verseker oor Peoples II (74 lopies). Jaco Conradie (27) was Wellington se beste kolwer. Wellington II (106 lopies) het Sondag vasgeval teen Paarl II.
More
News
|