Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bouplanne 'traag' in die Paarl

Bouplanne 'traag' in die Paarl
 
2010-03-18

Sieb Sieberhagen

DIT is ’n algemene praktyk in die Paarl dat daar met bouery voortgegaan word alvorens die bouplanne goedgekeur word, weens vertragings by die Munisipaliteit.

Twee weke voor bouwerk aan die nuwe boeke-aanleg by Paarl Print voltooi is, en ná verskeie projekvergaderings, was die bouplanne nog nie goedgekeur nie.

Dít en die feit dat Paarl Print druk uitgeoefen het dat die bouwerk moes begin, het aan die lig gekom in die openbare ondersoek oor die Paarl Print brand van 17 April verlede jaar. Dié ondersoek het op 1 Maart begin.

Bernard Frey, argitekstegnoloog van Johan van Rensburg Argitektuur (JVR), het verlede Vrydag getuig dat hy wel gewysigde planne geteken het, maar nie kan onthou dat hy dit ingedien het nie.

“Die gewysigde planne was vir die verleng­ing van die gebou, maar nie vir die tussenverdieping waar die kafeteria was nie,” sê hy.

Frey het getuig dat sy mandaat nie die verkryging van die okkupasiesertifikaat was nie.

Hy het getuig dat hy nie weet wie se verantwoordelikheid dit was nie en kon ook nie sê of Paarl Print ’n probleem gehad het om dit in die hande te kry nie.

“Ons moes die bouplanne optrek en indien vir goedkeuring. Die planne moes aan die SABS regulasies voldoen en die Munisipaliteit moes dit goedkeur.

“In die Paarl het ons baie frustrasies om bouplanne in te dien en goedkeuring te kry. Dit is algemene praktyk dat daar in die Paarl met bouwerk begin word voordat planne goedgekeur is.

“Dit is in elke val chaos om twee stelle gelyktydig in te dien, indien daar wysigings op die planne aangebring moes word,” sê hy.

Dié ondersoek word deur die Departement van Arbeid gehou om te bepaal of Paarl Print voldoen het aan die wetlike gesondheids- en veiligheidsvereistes. Die bevindinge van die ondersoek kan aanleiding gee tot vervolging.

Die ondersoek sou verlede Vrydag afgehandel gewees het, maar is vir nóg ’n week geskeduleer vanaf 12 tot 16 April.

* Paarl is notorious for delays in the approval of building plans says an architect.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za