Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moord op plaas

Moord op plaas
 
2010-03-18

Lise Beyers

INWONERS van ’n plaas in Agter-Paarl het Maandagoggend op ’n grusame fonds afgekom, toe hulle letterlik oor die liggaam van ’n mede-inwoner gestrompel het.

Die liggaam van Susan Pretorius (46) is ontdek waar dit gedeeltelik versteek was, enkele meters vanaf die kleedkamers van werkershuise.

Pretorius is met ’n stomp voorwerp verskeie kere op die kop geslaan en moontlik verkrag.

’n Struweling het na bewering Sondagaand plaasgevind tussen haar en ’n man in haar woning op die plaas.

Haar bed was besmeer met bloed.

Pretorius het vermoedelik probeer wegkom van haar aanvaller, maar hy het haar buite weer bygedam.

Nadat sy dood is, het haar aanvaller haar in ’n donga probeer versteek.

Nou is die polisie op soek na haar jarelange vriend met wie sy ’n huis gedeel het.

Pretorius se suster, Emily White, het met trane in haar oë vertel dat sy haar suster Sondagoggend laas gesien het.

“Die man met wie sy gewoon het, was net moeilikheid. Ek weet nie hoekom sy hom nie al jare gelede verlaat het nie.

“Hy het dikwels Tik gerook en moles gemaak.”

Die Paarl Polisie wil graag vir Johannes Hendriks ondervra in verband met die voorval.

Enigiemand met inligting kan inspekteur Gerhard Boois skakel by 021-807-4000 of 084-969-2571.

* A woman has been murdered on a farm in Agter Paarl.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za