Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Brand tref vyf wonings

Brand tref vyf wonings
 
2010-03-18


VYF gesinne van Amstelhof sit nou sonder ’n dak oor hul kop, nadat ’n brand Vrydagmiddag hul wonings vernietig het.

Die brand het omstreeks 15:30 uitgebreek in ’n houthuis op die erf van ’n munisipale woning in Jan Fiskaalstraat.

Dit het gou versprei na nog ’n houthuis en toe na die munisipale huise.

Hier is een eenheid in die geheel uitgebrand, en ander het water- en rookskade opgedoen.

Uiteindelik is drie wonings, en al die besittings daarin, vernietig.

Niemand is in die brand beseer nie en die oorsaak van die brand is nog nie duidelik nie.

Wyksraadlid Conrad Poole het die toneel besoek om hand by te sit.

“Ek onderhandel tans met die Munisipaliteit vir tydelike akkommodasie vir die slagoffers. Dit kan tot vier maande duur voordat die munisipale wonings herstel word.

“Maar hulle het meer as net hul huise verloor, en ek doen ’n beroep op die publiek om hul harte oop te maak en die slagoffers te help met basiese huisraad en klerasie.”

Poole kan gekontak word by 082-497-9046.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za