Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geleentheid wink vir streekspelers

Geleentheid wink vir streekspelers
 
2010-03-18


ALBIONS RUGBYKLUB, wat verlede week meegeding het in WPRFU se Premierliga B-kompetisie, het besluit om hul gewig agter die Paarl Rugbystreekkonsep te gooi en gaan in 2010 aan die Paarl Rugbystreek se plaaslike kompetisie deelneem.

Hierdie onbaatsugtige besluit het die opwindende geleentheid geskep vir die Paarl Rugbystreek om as ’n verteenwoordigende Paarlstreekspan in WP se Premierliga B-kompetisie deel te neem.

Die Paarlstreek bestaan uit 11 spanne en sal dus deur ’n gekombineerde span verteenwoordig word in die Premierliga B-kompetisie.

Die klub wat ’n loslootjie het in die Streekliga, sal dan diens doen as die 2de en 3de span van die Paarlstreek-span.

Dié besluit verseker ook dat die plaaslike kompetisie nie afgewater word nie. Sterker klubs sal dus minder spelers aan Paarlstreek afstaan en plaaslike kompetisie sal nog steeds hoogs kompeterend wees.

Die Paarlstreek se missie is om binne die volgende vier tot vyf jaar te vorder na WP se Superliga A-kompetisie.

Die Paarlstreek gaan ook junior spanne in die WPRFU se junior kompetisie inskryf met die doel om binne ’n jaar of twee kompeterend in ’n o.20-kompetisie van WPRFU te kan deelneem, asook om die derde span se liga-verpligtinge te vervang met ’n o.20 kompetisie.

Die Paarlstreek het reeds begin oefen en speel hul eerste vriendskaplike wedstryd op Vrydagaand 19 Maart teen Tygerberg te Floridapark en op Woensdagaand 24 Maart 2010 op Faurestraat-stadion teen Paarl Rugbyklub.

Twee senior spanne sal in aksie wees asook ’n o.20 span. Toegangsgeld beloop R5 en wedstryde begin om 18:30.

Die Paarlstreek se eerste ligaverpligting is ’n wegwedstryd teen Langa en alle tuiswedstryde sal op die Daljosafat-stadion gespeel word.

Skakel 082-731-4879 met navrae.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za