Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Smouse vasgevat in Paarl

Smouse vasgevat in Paarl
 
2010-03-18

Lise Beyers

DINSDAGOGGEND het ’n byna doodse stilte in Lady Greystraat, Paarl, geheers terwyl wetstoepassers smouse vasgevat het.

In ’n gesamentlike operasie tussen die polisie, munisipale wetstoepassers, die Departement van Binnelandse Sake, Cape Nature en lede van die musiekbedryf, is smouse deursoek vir smokkelware.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat hul doelwit hiermee is om die strate van die middedorp skoon te kry van onwettige goedere wat verkoop word, asook van dwelmsmokkelary.

Lady Grey-straat is tydens die operasie gesluit vanaf Derksen- en Bredastrate. Smous-stalletjies is deursoek en daar is beslag gelê op onwettige CD’s en DVD’s, sigarette en sportklere, soos namaaksels van Fifa produkte.

Verskeie onwettige immigrante is in hegtenis geneem en dwelmhonde en lede van Cape Nature het moeti- en Rastafariër-stalletjies deursoek vir bedreigde plante wat onwettig verkoop word. Altesame R10 000 se boetes is uitgereik.

“Ons wil die strate van die middedorp skoon hou en onwettige produkte beperk.

“Besigheidseienaars was baie opgewonde oor hierdie operasie, want smouse berokken hulle baie finansiële skade.

“Verskeie lede van die publiek het ook vir ons bedank. Hulle voel onveilig met die gedrom van smouse in die dorp.”

Die afgelope paar jaar het die Paarlse middedorp geweldig agteruitgegaan en baie koopkrag verloor.

Talle besighede sukkel om kop bo water te hou, terwyl verskeie genoodsaak is om hul deure te sluit.

Die onbeheerbare smousdilemma word grootliks hiervoor geblmeer, asook misdaad.

Met die oog op ’n skoner Lady Greystraat, word vrae weer gevra oor planne om hierdie gebied op te gradeer. Planne om die gebied op te gradeer deur herontwikkeling deur ’n konsortium private ontwikkelaars in samewerking met die Munisipaliteit, sloer al meer as agt jaar.

Die finale goedkeuring van die projek sal na verwagting by die vergadering van die stadsraad aan die einde van die maand verkry word.

* Hawkers were searched in the Paarl CBD area for illegal contraband this week.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za