Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fietstoer is volstoom aan die gang

Fietstoer is volstoom aan die gang
 
2010-03-18


DIE tweede been van die gewilde Tour de Boland fietstoer spring vanoggend weg by die Florida Padstal in Wellington.

Met ’n paar veranderings aan die roetes, beloof dié 4-dag lange fietstoer, wat gister afgeskop het by dieselfde punt, om weer eens vir groot opwinding te sorg in die Paarl/Wellington-omgewing.

Dié fietstoer, wat oop is vir alle junior-, o.23-, elite- en veteraanfietsryers, spring môre weer by die Florida Padstal weg (om 09:00) en sal Saterdag afsluit in Suider-Paarl, met die begin- en eindpunt by die Taalmonument.

Organiseerders het vanjaar besluit om die tradisionele heuwelklim-tydtoets, wat altyd die eerste skof was, te vervang met ’n skof-padwedren.

Nadat ryers gister die Lady Loch sirkelroete 11 keer moes voltooi (143 km), vertrek vandag se skof (skof 2) weer eens vanaf Florida Padstal by die R44/R45 (Malmesburypad) kruising en moet ryers die Paardeberg sirkel vier keer voltooi (132 km).

Vrydag, met die wegspring weer eens by die kruising, sal die ryers ’n sirkelroete van 4,5 km twintig keer moet voltooi (90 km) en Saterdag sal ryers om 09:00 vanaf die Taalmonument in die Paarl vertrek vir die laaste skof (skof 4) van die Tour de Boland.

Die vierde skof is ongeveer 138 km lank en ryers sal in die rigting van Klapmuts ry en regs draai op die Suid-Agter-Paarl pad verby Fairview, regs op die R44 in die rigting van Wellington en by die Voor-Paardeberg aansluiting regs vanaf die R44 in die rigting van Paarl. Ryers sal dan ’n sirkelroete, wat die R45 pad insluit, agt keer voltooi, waarna hulle sal terugkeer na die Taalmonument via die R44 pad.

Bobaas spanne wat deelneem, is die duitse span Kuoto-Indeland, bestaande uit Blorn Glasner en David Kopp, Medscheme, bestaande uit die verdedigende kampioen Johan Rabie en Hanco Kachelhoffer, EMG (voormalig die Neotel span) bestaande uit James Perry en Dennis van Niekerk, Petrus Loto, Alex Galvin, Reynard Butler en Tyler Day.

Plaaslike ryers sluit in David Garrett, Stefan Ihlenfeldt en Songezo Jim.

Kontak Ian Goetham by 083-949-4501 of Hendrik Lemmer by 083-771-1143.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za