Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ongeluk ontaard in rasse-herrie

Ongeluk ontaard in rasse-herrie
 
2010-03-18

Lise Beyers

’n BEJAARDE egpaar se inkopie-uitstappie het in ’n nagmerrie ontaard, toe rassistiese aantygings heen en weer geslinger is na ’n ongeluk.

Die voorval het Vrydag kort ná 13:00 plaasgevind op die parkeerterrein van die Metropolitan-winkelsentrum in die Paarl.

Die bejaarde egpaar het teruggekeer van die winkelsentrum en toe hulle wou agteruit ry, het die man vermoedelik op die petrolpedaal getrap, in plaas van op die rem.

Sy motor het agteruit versnel en ’n motorwag, Euloge Malandou, is tot teenaan ’n ander motor vasgedruk.

Maar dit was nie die einde van die storie nie.

’n Ooggetuie, Cecil Butler, vertel dat hy toevallig gesien het dat die egpaar met hul swaar inkopiesakke gesukkel het binne die winkelsentrum en hy het aangebied om hulle te help.

“Toe ek by hulle VW Jetta kom, was dit toevallig naby aan my motor geparkeer. Ek het die sakke in hul bagasiebak gelaai en is na my voertuig toe.

“Net toe ek wou ry, het ek gehoor hoe die oom se kar skielik versnel, die motorwag tref en hom teen ’n geparkeerde voertuig vasdruk.”

En hierna was die gort behoorlik gaar.

“’n Ander motorwag, vanuit ’n ander Afrika-land, het op die oom begin vloek en skel en het probeer om sy motordeur oop te pluk.

“Ek het die egpaar gaan help en gesê hulle moet hul deure sluit en vensters toemaak. Die motorwag het steeds op hulle gevloek en sy aantygings het begin rassisties raak.”

Volgens Butler het plaaslike inwoners nadergestap en op hul beurt die motorwag begin skel dat ‘Nigeriërs’ nie hier hoort nie en dat hulle moet terug na waar hulle vandaan kom.

“Die situasie het so byna begin handuit ruk. ’n Verkeersbeampte het op die toneel aangekom en ek het hom gevra om die ou mense by te staan, want hulle was erg geskok. Hy het net gesê dat hy nie op private eiendom kan optree nie.”

Teen dié tyd het ander mense bygekom wat wel die egpaar bygestaan het.

Die motorwag, Euloge Malandou (oorspronklike van Congo Brazzaville), is met ernstige been- en bekkenbeserings na Paarl Hospitaal geneem.

* An accident in the Paarl CBD almost turned nasty when racial slurs were exchanged.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za