DIE Breytenbach-sentrum se teaterkafee, Die Bôrdienghuis, vier die Wellingtonse Oesfees met twee uitsonderlike produksies dié naweek.
In “Die engel op die dak” Vrydagaand om 20:00 maak die Breytenbach-sentrum geskiedenis deur vir die węreldklas digter, Breyten Breytenbach, vir die eerste keer met ’n musiekgroep op die verhoog te sit. Breytenbach sal saam met bekende musikante soos Schalk Joubert en Laurinda Hofmeyr optree. Hy sal van sy gedigte voorlees teen die agtergrond van musiek en beeldmateriaal wat geprojekteer sal word. Van Breyten se nuwe skilderye sal ook uitgestal word.
“Die engel op die dak” vind plaas in die tuin van die Breytenbach-sentrum en is saamgestel deur Albert du Plessis. Tydens dié spoggeleentheid sal ook ’n splinternuwe CD-opname gemaak word. Du Plessis was ook die vervaardiger van vorige Breytenbach-opnames soos “Om te Breyten” en “Mondmusiek”. Kaartjies is R120.
Saterdagaand om 20:00 kan die publiek regmaak vir ’n akoestiese vertoning deur Valiant Swart. Kaartjies is R80.
Deure open om 18:30 en wyne is te koop. Bespreek by 072-115-2913.