Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bouwerk by TC Newman vorder fluks

Bouwerk by TC Newman vorder fluks
 
2010-03-18

Sieb Sieberhagen

BOUWERK by die TC Newman Daghospitaal in Paarl-Oos vorder fluks en die projek van R27 miljoen sal na alle waarskynlikheid aan die einde van 2010 voltooi wees.

Die nuwe hoofingang en nuwe apteek, twee van die sub-projekte, sal voor die einde van die jaar voltooi word.

Dié projek, wat ’n infeksiekliniek, rekordafdeling, apteek en verskeie opgraderings van die bestaande geboue insluit, word gedeeltelik deur internasionale fondse bewillig om gemeenskapsklinieke te bou en op te gradeer.

Die opgradering van die infrastruktuur by TC Newman kos R27,2 miljoen en is die sewende kliniek in Wes-Kaapland wat opgradeer word.Die opgraderings sluit ook ’n rookspeurstelsel, branddeure en binnenshuise tuine in.

Pasiënte sal eersdaags moet gebruik maak van ’n nuwe tydelike hoofingang en tydelike apteek, sê Philip Venter, projekleier by dié bouery.

Die tydelike ingang sal aan die westekant van die gebou wees en sal gebruik word totdat die nuwe ingang en wagarea voltooi is.

“Teen die einde van April behoort die tydelike ingang voltooi te wees, met duidelike aanwysings waar dit sal wees.

“Die publiek sal ongelukkig vir ’n paar maande die ongerief moet verduur, maar wanneer die projek voltooi is, sal daar baie meer ruimte wees wat vloei van pasiënte baie gaan vergemaklik.”

“Die groter wagkamers en uitsorteringsarea, waar pasiënte vinniger geholpe kan raak, sal ’n groot aanwins vir dié dagkliniek wees. Die ontwerp poog om pasiënte vinniger by hulle bestemmings te kry,” sê hy.

Die pakket van dienste wat dié kliniek gaan lewer, gaan ook baie groter wees, sê Sandra Theron, Drakenstein Sub-distrikbestuurder.

“By die infeksiekliniek gaan daar ook nou omgesien word na alle infeksiesiektes soos byvoorbeeld TB en MIV/Vigs verwante siektes. Die agt spreekkamers van dié kliniek gaan ook vir die pasiënte baie meer gemoedsrus gee.

“Sodra die bouery by Paarl Hospitaal voltooi is, sal die spesialisklinieke, wat tans hier werksaam is, oorskuif na Paarl Hospitaal. Pasiënte sal vroegtydig daaroor ingelig word,” sê sy.

Die bouerye word deur Vusela Construction behartig wat van plaaslike werkers gebruik maak. Roelien van Zyl van Albertyn, Viljoen en Nortjé is die plaaslike argitek wat die projek behartig.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za