Leefstylkalender
2010-03-18
* Kultuurforum. Vanaand sal daar ’n inligtingsessie asook ’n verkiesing vir die bestuur van Paarl Kultuurforum te New Orleans Sekondêr om 19:30 plaasvind. Alle kunstenaars word uitgenooi om deel te neem. Kontak Michelle Pietersen by 084-8700-559. Almal uit die Paarl-streek is welkom. * Dans. ’n Hobo-dans met die orkes van André Victor vind plaas op 26 Maart vanaf 20:00 by Noord-Eind Laerskool, Paarl. Kaartjies is R25 vir lede van die Boeremusiekgile en R35 vir nie-lede. Kontak Ciceel Wentzel (083-346-7083). * Charity Run. On Saturday the Anna Foundation Charity Run and Ride will be held at the Klein Joostenburg Deli at 08:30. You can either take part in the 30km, 12km and 5km MTB event or a 12km or 5km Trail Run through the Winelands farms of Joostenberg, Hoopenburg, De Meye and Eaglevlei. Visit www.annafoundation.com. * Tree and protea sale. Two small nurseries not usually open to the public, are offering some of their surplus stock at wholesale prices. This sale will take place on 19 and 20 March at Inca Vale farm, adjacent to Florida Padstal, Wellington. View the full selection on www.incavalenursery.co.za or call Gavin on 082-3402-650. * Vergadering. Die Kunsvereniging Stellenbosch hou ’n ledevergadering op 24 Maart (17:30) in PJ Olivier Kunssentrum. Die spreker, Samantha Masters, praat oor Antieke Pompejaanse muurskilderye. Almal is welkom. (R30 vir besoekers). Skakel Reza by 021-808-3668 vir meer inligting (Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 11:00 en 13:00). * Opskop. ACVV Franschhoek hou op 17 April ’n vrolike opskopoggend en damestee by die NG Kerksaal om 09:30. Die immergewilde Daniël de Kock bied ’n blomme-demonstrasie, met verskeie ander aktiwiteite, insluitend gelukkige trekkings. Kaartjies is R50 by ACVV-kantoor tel 021-876-2670. * Reünie. Die oudstudente van Weltevrede Sekondêre Skool hou op 26 Maart om 19:30 ’n piekniekdans by Bergrivier Sekondêr. Kaartjies is R40. Kontak JC Le Cordeur (082-820-2198). * Vergadering. Die algemene jaarvergadering van die Drakenstein Kunsvereniging vind plaas op 25 Maart (18:00) by die Breytenbach-sentrum, Wellington. Lidmaatskap is gratis. ’n Nuwe bestuurspan sal verkies word en persone wie sou belang stel om op die bestuur te dien, kan die voorsitter, Desiree Malan, voor 23 Maart skakel (082-862-3649). * Plant Fair. The thirteenth Rare Plant Fair will be held on 27 March at Rustenberg Wine Estate, Stellenbosch, from 09:30 to 16:30. About 25 specialist growers will be selling a wide range of unusual and interesting plants. Phone 078-021-2101 or 021-844-0154. For directions, see www.rustenberg.co.za. * Basaar. Die Paarl Stimulasiesentrum vir gestremdes hou hul jaarlikse basaar op 27 Maart (10:00) te Joepatstraat 63, New Orleans. Daar sal ’n biertuin, lekkernye, kosverkope en stalletjies wees. Kontak 021-862-7113.
More
News
|