Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland Kollege hou markdag

Boland Kollege hou markdag
 
2010-03-18


DIE “New Venture Creation” klas van Boland Kollege se Paarl-kampus bied ’n entrepreneursdag vir die gemeenskap aan op Saterdag 27 Maart vanaf 09:00 tot 18:00 by die Drakenstein-kampus.

Dit beloof om ’n opwindende pretdag vir die hele gesin te wees met kos- en ander stalletjies, ’n talentkompetisie, swemgala, ’n rugbykompetisie, ’n “sound off” kompetisie asook ’n glybaan en springkastele vir die kinders. Daar is groot pryse op die spel.

Dié markdag gee aan lede van die publiek die geleentheid om besigheid te doen deur ’n stalletjie te huur en op so ’n manier ook hulle produkte bloot te stel aan die publiek. Toegangsgeld beloop R5 (R3 per kind). Vir die huur van stalletjies, kontak Fahme by 079-938-4150. Vir deelname aan die talentkompetisie, kontak Zahra (084-587-8210) of Carmen (084-836-2723). Dié projek word moontlik gemaak deur Merseta.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za