DIE Pniel Congregational Kerk se basaar vind op Saterdag 27 Maart vanaf 09:30 tot 14:00 plaas.
Daar word voorsiening vir almal gemaak met ’n glybaan vir die kinders, speletjies, lekkernye, winskopies en die plaasmark wat gewoonlik ’n groot trekpleister is. Daar sal ook ’n teetuin wees met heerlike gebak.
Vir die avontuurlustiges is daar die gewilde wiel waar sakkies aartappels, uie, vrugte, kartonne sigarette en nog vele meer gewen kan word. Daar sal ook helikoptervlugte wees (besprekings kan gemaak word by Janine Cyster by 084-613-9091 of Noleen Rose by 021-885-1300). Vir navrae, kontak die kerkkantoor by 021-885-1300.