Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stap deurnag teen kanker

Stap deurnag teen kanker
 
2010-03-18


KANKER kan oorwin word, en om dit te vier, word die deurnag-aflosfees, Cansa Relay For Life vir die eerste keer in Paarl gehou.

Die Cansa Relay For Life vind plaas Saterdag en Sondag op die Zanddrift-sportterrein (Boy Louw) in Noorder-Paarl gehou. Alle belangstellendes is welkom om deel te neem.

“Relay is nie ’n wedloop nie,” sę Kelvin de Jager (organiseerder). “Dis ’n feesviering en bewusmakingveldtog vir die oorwinnaars en families van dié met kanker – dis ’n tyd vir herinnering.”

Relay is die grootste fondsinsamelingsprojek vir kanker in 20 lande węreldwyd en het ook die Kankervereniging van Suid-Afrika (CANSA) se voorste bewusmakingsinisiatief geword.

Dit behels ’n deurnag-aflos deur deelnemende spanne uit die gemeenskap, maar daar sal ook ander aktiwiteite wees wat ’n wonderlike atmosfeer sal skep vir almal wat dit bywoon.

Spanne kamp uit vir die nag om die baan en vier fees of onthou.

Relay hou geen grense vir deelname nie en alle geld wat ingesamel word, help om te sorg vir dienste aan kankerpasiënte, om vroeë opsporing en gesonde leefstyle aan te moedig, asook om kankernavorsing te bevorder.

Mense wat wil deelneem , kan vir Kelvin de Jager kontak by 083-516-1291 of vir Theuns Bester by 082-376-7839 of vir Bertie Lambrecht by 083-516-1291.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za