Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pyl van uit hemel

Pyl van uit hemel
 
2010-03-25

Lise Beyers

DIT was so amper of ’n bejaarde vrou van Noorder-Paarl is Sondagaand deur ’n dodelike pyl getref.

Dié insident het kort ná 19:00 plaasgevind toe Marie Smit van die aftree-oord, Groenleegte, by haar buurvrou Sarie Prins, gaan inloer het.

Die twee dames het besluit om ’n entjie te gaan stap. Toe hulle omdraai om weer oor die grasperk te loop, is hulle deur ’n pyl begroet wat enkele oomblikke te vore die grond deurboor het.

“Dit was ’n totale raaisel,” vertel Sarie.

“Eers toe ek agterkom hoe diep die pyl die grond deurboor het, het ek besef watter skade dit kon aanrig.

“Ek moes beide my hande gebruik om die pyl uit die grond te trek, so diep was dit.

“As ek of Marie op dié stadium daar ge-stap het, kon een van ons noodlottig gewond gewees het.”

Dit lyk asof die pyl vanuit die weste (rigting van Groenvlei) geskiet is.

Sarie se man, Hamlet, is Dinsdagoggend na Hugo van Zyl Sport toe om navraag te doen oor die pyl.

Hy is in kennis gestel dat dit ’n professionele pyl is wat vir skyfskiet gebruik word en dat dit ’n dodelike wapen kan wees. En die persoon wat dit geskiet het, weet klaarblyklik wat hy doen.

“Al het hierdie pyl ’n skyfskiet-punt en nie ’n jag-punt nie, kan dit steeds dodelik wees,” vertel Dennis Schneider.

“Dit is glad nie ’n speelding nie. So ’n pyl is ook nie goedkoop nie, dit kos ongeveer R80.”

Maar anders as die streng wapenwet waarmee vuurwapeneienaars moet worstel, is daar geen regulasies in plek vir die beheer van pyle en boë nie, alhoewel hierdie wapens net so dodelik kan wees soos groot kaliber vuurwapens.

Daar word ook geen rekord gehou van pyl-en-boog-verkope nie, dus is die moontlikheid om die eienaar hiervan op te spoor, byna onmoontlik - soos om ’n naald in ’n hooimied te soek.

Die enigste manier dat die skuldige dalk opgespoor kan word, is as iemand na vore kom wat die pyl se groen en pienk ‘vere’ erken. Dikwels skiet hierdie sportmanne net met spesifieke kleure.

* A deadly arrow almost struck residents of the retirement village Groenleegte in Paarl North on Sunday.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za