Sentrum hou ope dag
2005-09-14
DIE Drakenstein Sentrum vir Persone met Gestremdhede beplan ’n ope dag op Vrydag 30 September en Saterdag 1 Oktober op die sportterrein van Dalweide Primêr.
Daar sal allerlei speletjies wees, soos tafeltennis, domino’s, krieket, snoeker en veerpyltjies.
Die jongspan kan baljaar in ’n speelpark en vir ma is daar ’n modeparade. Toegang is R2,50 per dag.
Mense wat belang stel in stalletjies, kan Japie Arendse skakel by 863-0446/7.
More
News
|