Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drakenstein Munisipaliteit en Afrikaans

Drakenstein Munisipaliteit en Afrikaans
 
2010-03-25


IINGESLOTE by die jongste munisipale rekeninge was ’n kennisgewing om diegene wat agterstallig is met hulle betalings aan te moedig om ’n reëling in dié verband te tref.

Ongeag die bestaan van ’n goedgekeurde taalbeleid vir Drakenstein, is hierdie kennisgewing slegs in Engels beskikbaar gestel.

Die afleiding word gemaak dat: dit slegs bedoel is vir Engelssprekendes; alle Afrikaans- en Xhosasprekendes sal verstaan wat bedoel word; dat Afrikaans- en Xhosasprekendes nie skuldig is nie of bloot geïgnoreer word.

LET WEL: Die jongste munisipale nuusbrief (uitgawe no 5) wat versprei is, dra ’n berig oor ’n bedrag geld wat die DA as gevolg van ’n hofsaak verloor het.

Om seker te maak dat alle lesers behoorlik ingelig word hieroor, is hierdie berig volledig in drie tale gepubliseer.

Die vraag is, of die taalbeleid selektief toegepas word en of hierdie manier van doen dui op onbekwaamheid?Johan von Wielligh (raadslid)May Carolissen, munisipale woordvoerder, reageer: Die Raad het ’n taalbeleid wat sê dat alle korrespondensie na die publiek so ver moontlik in aldrie tale moet geskied. In hierdie geval was dit egter nie moontlik nie en die munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief. Daar sal wel ’n kennisgewing in aldrie tale (Engels, Afrikaans en Xhosa) wees in die munisipale rekening einde April. Wat die nuusbrief betref, geld dieselfde taalbeleid en dit word beslis nie selektief toegepas nie. Indien lede van die publiek nie die Engelse kennisgewing verstaan het nie, kan hulle die munisipale kantore besoek of een van die nommers op die omsendbrief skakel.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za