Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie vir optrede teen smouse

Dankie vir optrede teen smouse
 
2010-03-25


NA bykans ’n jaar wat ek skrywes gerig het ten opsigte van onwettige DVD’s wat in omloop is in ons dorp en ook na ’n brief ’n rukkie gelede oor dieselfde onderwerp kan ek diegene wat ag geslaan het daarop, op die skouer klop en julle komplimenteer.

Ek het al moedeloos geword dat daar geen optrede plaasgevind het nie.

Kom ons as inwoners van die Paarl ondersteun die beamptes wat betrokke was in hierdie operasie deur onmiddellik onwettighede te verkla.

Maar die belangrikste van alles is om nie smouse te ondersteun met die aankoop van onwettige produkte nie.

Ek is jammer vir persone wat stalletjies het en wat ’n bestaan moet maak, maar dit is tyd om te onderskei wat is reg en wat is verkeerd in die lewe.

Sulke aksies moet op ’n gereelde basis plaasvind en moet ook uitkring na ons buurdorpe.

’n Ander ding wat my grief is ons jong mense wat naweke op die sogenaamde “stoepe” in Klein Drakensteinweg rondhang waar drank gebruik word.

Soos by ’n regte vakansie-oord word “cooler bags” waarin die drank gesit word, uitgehaal langs die motors, en daar word heerlik ontspan.

Is die gebruik van drank in die openbaar dan nie ’n oortreding nie?

In die vroeë oggendure kan ’n mens sien hoe die drankbottels daar rondlê.

Ons geregsdienaars doen daar inkopies, maar tree nie op nie.

Mario Matthews




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za