Rugbyfeeste tydens skool-vakansie
2010-03-25
PAARLSE SKOLE is sinoniem met goeie rugby. Dus is dit net regverdig dat die Paarl gedurende die komende skolevakansie die gasheer is vir twee opwindende skolerugby-toernooie - Hoërskool Gimnasium se o.16-toernooi en Hoër Jongenskool se o.15-toernooi. Altesame 24 van Suid-Afrika se voorste o.16 rugbyspanne gaan by Hoërskool Gimnasium saamtrek vir die gewilde jaarlikse Wildeklawer o.16 Rugbytoernooi. Dié toernooi, wat vanjaar 18 jaar oud is, begin Saterdag 27 Maart om 08:00, met die openingseremonie wat behartig sal word deur die skoolhoof, James Genis, en oud-Springbok afrigter, Jake White. Maandag 29 Maart en Woensdag 31 Maart duur die skouspel voort, met spanne soos HJS, Landbouskool, Affies en Grey College, wat hul staal gaan toon. Besoek die webwerf www.u16rugbytournament.rgcms.co.za. ) Hoër Jongenskool bied vanaf 26 tot 31 Maart sy jaarlikse o.15 rugbytoernooi aan, met verskeie top skole se o.15-spanne wat in aksie sal wees.
More
News
|