Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leefstylkalender

Leefstylkalender
 
2010-03-25


* Dans. ’n Hobo-dans met die orkes van André Victor vind plaas op Vrydag 26 Maart vanaf 20:00 by Noord-Eind Laerskool, Paarl. Kaartjies is R25 vir lede van die Boeremusiekgile en R35 vir nie-lede. Vir navrae, kontak Ciceel Wentzel by 083-346-7083. Op 10 April hou die Boeremusiekgilde ’n Boeremusiek Marathondag by Simonsvlei Wynkelder. Dit begin om 09:00 en toegang is R25 per persoon en kinders is gratis. Tien orkeste gaan die dag deelneem.
* Opskop. ACVV Franschhoek hou op 17 April ’n vrolike opskopoggend en damestee by die NG Kerksaal om 09:30. Die immergewilde Daniël de Kock bied ’n blomme-demonstrasie, met verskeie ander aktiwiteite insluitend gelukkige trekkings. Kaartjies is R50 by ACVV-kantoor tel 021-876-2670.
* Reünie. Die oudstudente van Weltevrede Sekondêre Skool hou op 26 Maart om 19:30 ’n piekniekdans by Bergrivier Sekondêr. Kaartjies is R40. Vir navrae, kontak JC le Cordeur by 082-820-2198.
* Vergadering. Die algemene jaarvergadering van die Drakenstein Kunsvereniging vind plaas vanaand om 18:00 by die Breytenbach-sentrum, Wellington. Lidmaatskap is gratis en lede ontvang ’n gratis Drakenstein Kunskalender. ’n Nuwe bestuurspan sal ook verkies word. Kontak Desiree Malan by 082-862-3649.
* Plant Fair. The thirteenth Rare Plant Fair will be held on 27 March at Rustenberg Wine Estate, Stellenbosch, from 09:30 to 16:30. About 25 specialist growers will be selling a wide range of unusual and interesting plants. For enquiries, phone 078-021-2101 or 021-844-0154.
* Lollos. My naam is Lollos is op 29 Maart om 14:00 by die Breytenbach-sentrum te sien. Lollos gaan saam met Minkie en Alta op ’n treinrit.

Kaartjies is R40 en kan bespreek word by Olivia Ockhuis by 021-873-2786.


More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za